Londense Tower

Londense Tower*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Die Londense Tower gesien vanaf die Swiss Re-gebou
Ligging van Londense Tower op 'n kaart (Groter Londen)
Londense Tower
Londense Tower
Posisie van die Londense Tower in Groter Londen
Koördinate: 51°30′29″N 0°04′33″W / 51.50806°N 0.07583°W / 51.50806; -0.07583
Lande Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Tipe Kultureel
Kriteria ii, iv
Verwysings 488
Streek Europa
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 1988  (12de Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Haar Majesteit se Koninklike Paleis en Fort, beter bekend as die Londense Tower, is 'n historiese monument in Sentraal-Londen, Engeland, aan die noordelike oewer van die Teemsrivier. Die Tower is in 1988 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.

Die Tower se hooffunksie was ’n fort, koninklike paleis en tronk (veral vir koninklikes soos die broers Eduard V van Engeland en Richard van Shrewsbury, 1ste Hertog van York en koningin Elizabeth I, asook ander mense met hoë status). Dit was ’n plek van marteling en teregstellings, ’n arsenaal, skatkamer, dieretuin, die koninklike munt, ’n sterrewag en is, sedert 1303, die tuiste van die kroonjuwele.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne